Benodig hulp met uitroei van Lantana op die berg

Geskryf deur Hilko Lubbinge:

Deel van Vriende van Magalies se visie is “dat die uitheemse plantegroei uitgeroei is …” oor so 10 jaar. Dit is egter ’n geweldige groot taak. Sien die kaart hieronderonder wat aantoon waar die besmettings is.

Gelukkig is ’n groot deel reeds skoongemaak. Die skoonmaakproses is so 15 jaar gelede op klein skaal begin. Daar was reeds verskeie organisasies, kerke, skole en individue betrokke gewees.

Die bestuur van Vriende van die Magalies wil graag die proses bespoedig. Daarom het ons besluit om behalwe die vrywilligers ook betaalde arbeid te kry.

Ons fondse is egter baie beperk. Daarom wil ons graag ’n beroep op julle doen om ons te help met donasies. Julle kan ’n eenmalige donasie maak of ’n aftrekorder per maand. Al is dit net R30 per maand. Ons moet ook nie vergeet van die Pom Poms wat elke somer bestry moet word nie.

Ons het reeds ’n werker wat Woensdae in die omgewing bo 24ste laan werk. Sy naam is Frans. As julle hom dus tussen die bosse besig sien, moet nie dink dit is ’n skelm nie.

 

Dink net hoeveel lekkerder sal dit wees as die berg skoon is van onkruid.

Omdat die Vriende van Magalies geregistreer is as ’n nie-winsgewende organisasie is bydraes aftrekbaar vir belasting. Reg nr. 2005/024299/08).

 

Ons bankbesonderhede is die volgende:

Vriende van die Magalies

Bank: Standard Bank

Tak: Gezina

Takkode: 014845

Rekeningnommer: 013135562

Tipe rekening: Tjek

 

Jy kan ons ook kontak as jy jou hulp wil aanbied.

Ons sien uit na jul vriendelike samewerking.

Hilko Lubbinge

Vriende van Magalies

083 320 4758

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *